
Vir Me. Helen
Jy het die donker gevrees,
maar die lig gemanipuleer.
Jou Mekka het almal konfronteer
met iets só anders, só vreemd.
Grootoog uile tuur deur mens se gees;
pelgrims op reis om hul God te eer –
gesigte, oop arms na bo gekeer
vertel van ‘n siel wat oorgee-
Gewillig om van dié Meester te leer.
Party kniel in erkenning voor Hom neer.
Dis vrede wat ek lees –
verewig in sement gesmee.
In tempels van kleur
kom vly vermoeides hul neer,
vind hul iemand om op te leun.
Daar is lig, wyn en water om te gee.
Helen hulle kon nie sien,
wat ek en Elsa sien!
Die mooiste siel
in grys gegiet.
© CJ Laing, 05 December 2018
Fugard, A. 1992. The Road to Mecca. London. Faber and Faber Limited
Foto: Gert Hardeman
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.