
tingelend
–
tingelende klokkies
tintelende klankies
tingel voort tot laat
–
so gaan nog ‘n feesdag verby
nog een van uitbundige groot etes
bietjie wyn en baie vrolike lag
–
elke jaar se kersfees
steeds aangeval as heidense fees
vrolike kleuters wat lag en speel
–
so skuif jare verby
van klei os speelgoed tot selfone
buite speel tot voor ‘n videoskerm
–
wat kom nog aan
kontinente bewe en ekonomieë faal
mense verderf in eiegeregtige ego
–
dié wat vashou
hou vas aan wie en wat hul in glo
al is dit ‘n lys van ongekende gebrokenheid
–
wie sal hoor
as die Verlosser weer kom
wie sal regop kan staan
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.