
bruis
–
wit water skuim
bruis om die donker rotse
daar waar galjoen sy kos vind
nie ver of diep nie, nee vlak
en swiepend ontwykend
–
geluk en vrede
swoel en dik van aard
kom met fees seisoen aan
siele word gevoed – rus
wat ook maar ontwyk
–
in my bruis dit
weer gesinslede gesien
ervaar wat so belangrik is
gesels van hart tot hart
ontmoeting van bloed
–
verwagting gedemp
oor hierdie jaar se slep
vergewe en vergeet
elke nuwe dag
is nou lewe
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.