drake en duiwels (silwer)
drake en duiwels
in vlugte van verbeelding
met vlerke wyd gestrek
vlieg ek weg van hierdie plek
waar wrede monsters skuil
en langtand wolwe huil
ek kruip weg in my dop
as my hart wild klop-klop
soos perde wat galop
nagte is vir bang raak
wanneer vloerplanke kraak
en hy my deur oop maak
dan styg ek op in my kop
waar ek hoog kan sweef
na plekke waar prinsesse leef
en pappas prinse is
wat dogtertjies troos en sus
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek