KYK TOT IN DIE HEMEL
Ons grootmense is baie keer so besig om groot te wees dat ons meer ongeduld met kinders het as iets anders.
Somtyds ruk ‘n kind se onskuld en hoe hulle ‘n situasie beleef die mat onder ons voete uit.
Daai ondeunde, liefdevolle ogies wat ook diep in ons harte inkruip sien verby die kwaad van ons wêreld tot in die hemel.
Die bybel praat baie oor kindertjies.
Jesus sê self, ” laat die kindertjies na my toe kom , moet hul nie verhinder nie”.
Dan kan ‘n mens net wonder wat het Jesus bedoel.
Uit my mening het hy verwys na hul onskuld, dat hulle so opreg is en geen kwaad in ‘n ander raaksien nie.
Dis ook om dieselfde rede hoekom kinders misbruik word juis omdat hulle so onskuldig is en geen kwaad in ‘n ander persoon sien nie. Die suiwerste vorm van onskuld en opregtheid sal mens nêrens behalwe by ‘n kindjie kry nie.
Die gesegde lui ook, “uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor”.
Juis omdat kinders nie die gewoonte om te jok aangeleer het nie, dit is onbekend vir hulle.
Klein kindertjies weet nog nie van subtiel wees of wat om op watter tyd te sê nie.
Die waarheid loop met ‘n goue draad deur hul hartjies en dit maak alles deur die oë van ‘n kind so spesiaal en kosbaar.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek