
KUNSTENAAR VAN JOU LEWE
Ons almal het al snydende woorde beleef wat jou hart in stukke sny.
Jy ken ook dan die verslae seermaak gevoel wat jou sprakeloos laat.
Dan vra mens jouself die vraag af hoekom mense mekaar so seermaak ?
Glo my baie keer gaan krap hul baie diep veral sielkundiges om ‘n antwoord te kry en dit begin altyd in die kinderjare.
Emosionele trauma, fisiese aanranding, verwaarlosing, geboelie op skool, sonder ‘n rolmodel en dit is net ‘n paar wat ek kon noem.
Ek dink tog wat in ‘n mens se kinderjare gebeur het ‘n inpak op jou as tiener en daarna as grootmens.
Dan in die volgende asem kan ‘n mens kies of jy ‘n slagoffer of ‘n oorwinnaar wil wees.
Mens hoef nie die resultaat van jou omstandighede te wees nie, nee jy kan verbeter en dit is ook net as mens wil .
Waar ‘n wil is, is daar ook ‘n uitweg en altyd hoop.
Dan kan ons ook seker sê ons is resultate van swaarkry en seerkry, maar selfs dit is ‘n keuse of jy daardie gedagtes wil aanhou troetel of wil jy dit agter jou sit, die les leer en ‘ n beter mens anderkant uitstap ?
Daar word ook gesê dat ‘n leë beursie en ‘n honger maag jou meer lesse leer as bergtoppe.
Ons moet net altyd onthou dat ons niks in die lewe gaan bereik om in ons gemaksone te bly nie.
Nuwe geleenthede word nie in gemaksones gebore nie, nee jy moet opstaan, jy moet arriveer en jou eie lewensverhaal op die doek van die lewe skilder. Moenie dat iemand anders die kunstenaar van jou lewe word nie.
@loret Zwarts
@bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek