Jongste aktiwiteit:

Leuens ketting jou 445 woorde

Leuens ketting jou

Dat ‘n leuen een van die grootste euwels is, is defnitief geen leuen nie. Om te onthou wat jy gelieg het is soos om ‘n ysterbal en ketting om jou enkel te klamp. Hoe langer jy daardie bal saamsleep, hoe swaarder word jou las. Dan breek daardie gevreesde oomblik aan.  Daardie vergeet oomblik.  Vergeet van jou lieg en die verleentheid wat daarmee saam gaan.  Die groot verduidelik wat daarop volg kan lei tot meer leuens en uiteindelik kwaai vriendskap of skeuring in familiebande tot gevolg hê. Daardie ketting los ‘n letsel wat jou altyd bybly.

Maar wanneer word ‘n leuen ‘n noodsaak? Is dit werklik ‘n geval van, ‘n leuen op sy tyd laat hartseer wyk? Vertel ons nie maar almal een of ander tyd ‘n leuen nie? Hoeveel keer het ‘n noodgedwonge leuen ons al uit die moeilikheid gehelp? Of is ‘n “die verkeer was besig” ‘n aangepaste verskoning (leuen) om uit die moeilikheid te bly by die werk wanneer jy laat is vir ‘n vergadering? Hoeveel keer het ‘n Sondagoggendbabbelas jou met ‘n vinnige grieperigge leuen uit die kerk gehou? Een of ander tyd kom daardie leuen tog te voorskyn. Verskonings is soms opgetofte leuens sodat ons beter kan voel oor die onwaarheid.

Die waarheid maak seer.  Ja dit doen. Daardie leuen wat die waarheid toesmeer maak egter meer seer. Hoe omseil jy dan ‘n vraag wat jou gaan dwing om ‘n leuen te vertel? Jy kan die situasie probeer vermy of net doodeerlik ‘n reguit antwoord gee. Dit is wanneer jy die ware kleure van die persoon sal sien.  Natuurlik gaan die persoon seergemaak voel en jou vermy maar in menige gevalle doen die persoon introspeksie en sal terugkeer na jou toe want dan weet hulle die vriendskap is opreg. Daar is soveel maniere waarop ‘n mens die waarheid sagter kan maak, bv. Die rok is mooi maar daardie styl pas nie by jou nie, probeer eerder sus of so.  Jy lyk goed maar die ekstra gewig is nie goed vir jou hart nie. Ek sou eerder die waarheid wou hoor voordat ek uitgaan en ‘n spektakel van myself maak.

Tog word ons omring deur leuens. Dit is deesdae die norm om die waarheid aan te pas. Daar word vir ons gelieg oor Eskom.  Gelieg oor belasting gelde. Ons regering is een groot klugspel. Hier is leuen koning en word daar daagliks nuwe leuens uitgedink om die mense te bedrieg. Ons lewe met een groot ketting en bal, ons enkels is rou geskaaf en ons land word gevoed met die bloed wat uit daardie wond loop. Dit is ‘n euwel wat Suid Afrika se doodskis spyker vir spyker toelieg.

Amandadm




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed