Jongste aktiwiteit:

Die wet van die feëtjies

Die wet van die feëtjies 909 woorde, brons kategorie

Polimiek, politiek en realisme ter syde. Jy is nooit te oud en geleerd om ‘n ietsie te vat van elke interaksie wat jy het nie. Hoe groot en glorieryk, of hoe klein en niksseggend dit ookal lyk nie, Maak nie saak hoe groot jou woestyn is nie, of hoe droog jou put nie. Daar is altyd lig, jy moet net kyk. Wanneer dinge bietjie taai raak hoef jy gelukkig ook nie ‘n unicorn te tem of soos Alice in ‘n haasgat af te gly om ‘n bietjie magic te hê wanneer jy dit nodig het nie. Jy kan net die wet van die feëtjies volg.

Feëtjies hou van ‘glitter’. Hulle heg waarde daaraan, gebruik dit om te vlieg, laat daarvan agter waar ookal hul gaan en deel dit met die wat dit nodig het. So gaan koop sommer vandag nog vir jou glitter. Dit is in soveel vorme dat jy kan kies of jy dit liggies wil aanwend as oog grimering soos ek, of eerder dergelike planne daarmee het. Dit laat jou dag vol afwagting en helder jou siel so bietjie op. Ek weet nie hoekom nie, maar dit is beter as ‘n sielkundige sessie. Soort van onmiddellike verligting in jou woestyn. Dit is soos “warpaint”. ‘n Verklaring dat jy reg is. Dat jy opdaag. Dat jy hoop het. Dat jy wag om te vlieg en binnekort gaan opstyg. The power of glitter!!

Eetbare glitter is ook in my koskas. Daardie spesiale koek wat jy gebak het, daardie een wat jou selfbeeld so effens laat kraak want of jy weet nie hoe om hom te versier nie of jou poging gee die Mars krater ‘n goeie naam… Volg die wet van die feëtjies en gitter hom liggies of daar waar jou foutjies deur iemand met oogprobleme, soner ‘n bril mooi gesien kan word, glitter jy vir hom goed. .. en dan raak jy sommer kreatief .. eksklusief en designer sê ek vir jou want gunter sal dit weer kan namaak. Oor jou foutjie bly jy tjoepstil. Dit is mos nou begrawe en mens grou nie ou foutjies onder die glitter uit nie, jy laat daai dooie koei rus! Wanneer jou kos vaal voel kan jy sommer bietjie oor die slaai sprinkle. Dit lyk indrukwekkend!! Tried and tested!

Ek het ook glitter in my skryfkassie, kaartjies, briefies en notas kry sommer nuwe betekenis en die beste van alles is dat daar altyd so ‘n hint van glitter op jou agterbly. Soos klein monumente van hoop en van liefde. Jou mense sal ook gemerk wees, myne sinne en niemand sal kan stry nie. Klink vir my net soos ‘n wen-wen situasie. Mense sal sê jy het “je ne sais quoi” (‘n kwaliteit wat nie maklik in woorde omgesit kan word nie weens die ongelooflikheid daarvan), maar jy sal weet.. “Glitter baby..” , terwyl jy wegstap met ‘n glinster in die oog.

Glitter breek die wet van te veel, want jy kan nooit te veel glitter hê nie. Jy kan dit wel so nou en dan op die verkeerde plek in die verkeerde omstandighede hê, soos die tannie in my ouma se Saie agterblad jare terug, wat haar opkikker lappie vir haar ginekoloog afspraak per abuis in die handsak langs ‘n botteltjie glitter gebêre het, en eers te laat, toe die dokter sê sy hoef nie soveel moeite gedoen het nie, dit agtergekom het.. Gelukkig, voor dit gebeur het jy ‘n groter kans om die lotto te wen en ek dink as jy die lotto gewen het sal jy nie soveel omgee vir so ‘n onvoorsiende situasie nie!!

Ek ken die seer kant van glitter. Ek was in helse donker. Ek het gedink ek kan nie meer skyn nie. ‘n Gebreekte glowstick. Op. Glitter aan die buitekant het my masker geword, my herinnering, my terugveg, en soos met alles het God dit toe gebruik om my te help om weer my eie te ontdek. Om die waarheid te sê: Beauty for ashes en is ek nou ‘n glitter fabriek. My ratte slaan nog gereeld aan , maar dit is ook okay. Saammet trane drup daar glitter en waar glitter val vlug die donker.

As ek nou filosofies raak dink ek God hou ook van glitter. Kyk net die melkweg in die Haai-Karoo. Kyk die NASA foto’s van ver weg konstellasies. Glitter baby, sonnestelsels vol! En so met die glitter in my oog oor die grootsheid van God weet ek, Hy het ook die wet van die feëtjies gevolg toe Hy vir jou gemaak het. “you are fearfully and wonderfully made”, Hy het Sy lig in jou gelos. In jou oê, in jou glimlag, in jou drome en in jou hart. Hy het dit alles daar gelos sodat jy kan skyn. Hy stuur die son en maan en sterre vir jou sodat jy sal onthou dat jy soveel meer is as die kleurloosheid wat die woestyn om jou, jou wil laat glo, sodat jy sal onthou dat jy van glitter gemaak is. Dat jy opgedroom is in die sterre ‘n ewigheid terug al. Dat jy spectacular is presies soos jy is. Dat Glorie in jou leef en ‘n invincible lig jou omgewe. Dat jy okay sal wees omdat daardie glitterstoffies deel is van jou DNA.

So suster, moenie verder leuens glo nie. Haal die maatemmer af sodat almal jou lig kan sien. Volg die wet van die feëtjies. Glitter.
net kulu




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed