Jongste aktiwiteit:

ProjekteApril 2024 – Uit die oog van ‘n kind Projek

Beste INKers

Hierdie maand is die projek heel eenvoudig.

Die tema is: “Uit die oog van ‘n kind”

In welke genre jy ookal deelneem, moet jy slegs gehoor gee aan die tema.
Jy mag dit interpreteer soos jy wil maar jy mag nie die tema as ‘n titel vir jou werk gebruik nie.

Innoverende mense skryf in Afrikaans. Laat jou ink vloei en vermaak ons met jou heerlike talent.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

ek vang my wense kleurvol vas op ‘n spierwit vel papier met reënboogverf en skilderkwas kan ek my wêreld mooi versier… aan die some van my drome fladder piepklein feetjies rond, langs helder waterstome wei eenhorings spekvet gesond; waar dwergies hulle woorde in die towerwoud verloor sodra die wind se fluisterlied hulle hart en siel […]

wanneer ek kyk na die drome en onbevange vertroue daarin, van ‘n kind huil ek soms lang, druppende binnetrane   jammer-vir-myself trane omdat ek te oud voel om te droom   kwaad-vir-myself trane omdat ek nie my kleindogtertjiedrome probeer vang het voor dit in my grootmenssiel verlore geraak het nie   dankbaar-teenoor-God trane vir die […]

Ek het vir agtien jaar by ‘n kleuterskool gewerk waar ek deurgaans die twee tot vierjariges onderrig het. In elke ouderdomsgroep tref mens spesifieke gedrag en mylpale  aan. Kenmerkende aspekte wat ooreenstem met hoe klein kindertjies die lewe beleef, die lewe benader, die lewe aanpak. Wanneer jy egter daagliks met kleuters werk,  kom jy gou […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed