ONSKULD (goud)
ONSKULD (goud)
Met ‘n bal in haar hand
speel sy met sonlig
sy dans en verf die lug met haar lag
sy dra ‘n droom in haar hart
die wind is vandag haar maatjie
so ontdek sy die wêreld
terwyl blare liedjies vir haar sing
in die somerson se brand
vertel sy stories
oor diertjies en feetjies
kaart die dag in ongekende prag
sy lag weer en draai in die rondte
haar los hare waai in die wind
vir haar tel net vandag
want môre is nog ‘n lang wag.
© 04/2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek