Jongste aktiwiteit:

Lekkerland (Silwer)

By die goudpot daar ver
aan die reënboog se punt
waar drome begin en seerkry is min
wil ek my liefde bakhand vir jou bring
want jou hart is my veilige plek
jou woorde ‘n sprokiesverhaal
jou stil verstaan ‘n wiegelied
en in jou nederige menswees
avonture wat wink
deur die oë van die wegkruipkind in my
wat hoopvol nog steeds oros
uit ‘n bitter beker probeer skink

©️Elize Kruger




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed