Jongste aktiwiteit:

Op vlerke van verbeelding (Goud)

ek vang my wense kleurvol vas
op ‘n spierwit vel papier
met reënboogverf en skilderkwas
kan ek my wêreld mooi versier…

aan die some van my drome
fladder piepklein feetjies rond,
langs helder waterstome
wei eenhorings spekvet gesond;
waar dwergies hulle woorde
in die towerwoud verloor
sodra die wind se fluisterlied
hulle hart en siel bekoor

wanneer die winterson vuurrooi
deur haelwit wolke bloei
en die maan saans prentjiemooi
deur my kamervenster gloei

in die velde om my lugkasteel
kan ek ‘n nuwe wêreld bou
waar woelwaters nog in poele speel
net soos ‘n kind mos daarvan hou

©Loretta Szikra

*vir Leandre Van De Reede

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed