Herfs genade
My hart huil vandag saam met die reën,
ek sien jou tussen die kosmos’blomme staan
nederig in hul eenvoud,
sag en mooi lewend is jou gees
Ek het ‘n briefie saam met jou gestuur
‘n kaartjie met ‘n hartjie in rooi
op jou omgee hart neergelê
met baie liefde vir al die mooi
Nou bid ek sag
sommer net ‘n paar woorde, en toe…
waai die wind herfsblare teen my kar se ruit vas
ek mis jou…en so begin my dag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig Palet, maar lees net asb weer die opdrag mooi. 12 reel met n vaste rympatroon wat jyself kies