Son en sy blom
Son en sy blom
Klippe bak, die son trek water.
Bloed sweet, hitte bak hier op ‘n stukkie aarde, heel verlate.
Kaktus groei hier tussen dorre land en woeste klip.
Reën het hier die aarde vergeet.
So ‘n paar tree verder, tot net agter die koppies, daar waar dit soms so ‘n bietjie dou, kyk die son na sy eie blom.
Tussen niks staan hy kop omhoog met sy groot geel blom.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.