uniform
dra jy vandag se uniform
om ongelykhede te egaliseer
omdat dit die regte ding is om te doen
om te streef na gelykhede vir almal
is om basiese skeppings realiteite
te ontken en te misken
ja almal is gelyk
onder die
menslike
reg
maar
is ons
almal gelyk
is ons almal gebore
met dieselfde potensiaal
jou IK, DNS, talente, rykdom of geleenthede
ongelukkig nie – maar ons almal
het die opdrag om die beste
te maak met wat ons kry
nie net waarmee
ons gebore
word nie
ook alles wat
op ons pad kom
om te
ontwikkel
en gebruik
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.