Jongste aktiwiteit:

in ons hande (Goud)

sy papa noem hom Rolihlahla met sy eerste asem

wat beteken: om aan ’n boomtak te trek of moeilikheidmaker

dalk moes juis sy hand aan onreg se takke kom trek

tot diepgewortelde wette kraak vir nuwe uitsigte

 

op Robbeneiland word mens gereduseer tot 46664

agtien jaar klots koue Atlantiese waters teen rotse

onder genadelose son kap hy dag-na-dag wit kalksteen

met woorde vas agter draad is daar skaars ’n brief uit

 

Sewe-en-twintig jaar word stadig teen sy sel afgetel,

die fel kalk brand lig in sy oë totdat sy trane opdroog;

aan ‘Invictus’ klou hy vas, sy leuse in die sel

want yster hou ’n liggaam, maar kan nooit ’n siel bereik

 

op vyf-en-sewentig, op 27 April trek hy sy eerste kruisie,

en vreugde rol sy trane waar sy eie oë nie meer kon nie;

die nommer val weg, sy mense noem hom steeds Madiba

van koue sel tot hoogste amp laat hy ’n land weer droom

 

geen tralies of boeie het die laaste sê oor mens se môre nie;

onmoontlik bly net onmoontlik, tot dit gedoen is

©MarleneErasmus

17/08/2026

 

Voetnota:

“It is in your hands to create a better world for all who live in it.” — Nelson Mandela. Hierdie woorde weerspieël sy nalatenskap van verantwoordelikheid, hoop en die geloof dat verandering uiteindelik in mense se eie hande lê.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed