Jongste aktiwiteit:

Adagio

Oë turend oor die pleine van tyd;
teen die aambeeld hang
die melankoliese sang van die wind,
en streel jou naam oor my wang.

Onbekend, kronkel die paaie wat na jou sal lei
deur my hart en siel…soek spoor
in die gestaltes van my droom;
vind my vingers die buitelyne van jou beeld.

In skemerhoop speel ‘n simfonie van klank,
as in geslote verbeeldingsvlug jy jou arms om my vou
en in die nimbus van dowwe straatlampe,
volg ek jou leiding oor die dansvloer van ons liefde.

Beloof my, dat jy sal aanhou loop
tot waar ons kronkels en draaie aan-een-knoop;
laat my glo, dat jy ook glo aan ons droom
dat nét jy my hartklop kan hoor,

dat jy my sal vind, voor die laaste lig wegkwyn
en tot die volheid van tyd by my sal bly.
In lang nagte van verlang baan my gedagtes
die weg na jou; fluister my hart – Adagio.

© CJ Laing 03/02/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed