Laaste korreltjie sand
Gaan ons suksesvol die eindstreep haal?
As die sandglasie se laaste korreltjie sand deurval.
Al die dae van jou lewe het jy vrugte gedrae?
Soveel lesse, soveel antwoorde en vrae.
Hoeveel keer het jy geval, opgestaan en weer probeer?
Voor die laaste korreltjie verdwyn en jou gees nie langer kan bly.
Was ons lewe die moeite werd en ons tyd genoeg?
Voor ons sien is daar geen omdraai kans of tyd om sondes te bely.
Leef jy vir brood en water alleen?
Onthou tyd word nooit moeg of geleen .
Maak elke oomblik tel en beperk woorde van onmin en skel.
Tyd is kosbaarder as goud en niemand kan more voorspel.
As die laaste korreltjie sand deurval is dit dalk net te laat om sake reg te stel.
© Charnê Harding
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD