kon – teks
kon dinge maar anders wees
dan sou ons vandag ook anders wees
weeskinders van ons ouers nou ontslape
wese van ’n stukkend bestaan wat spoedig vergaan
alle groot wêreld ryke het na hul bloeitydperk platgeval
by ons was ons nie een ’n wêreldryk nie – slegs ’n streek
hoe het die helde geval, vra ons kinders
hoe kon hulle so dwaas optree
binne die kon-teks
van ons tyd
na ons
die
skrootwerf
van wêreld-oorloë
met durf en dapper oorkom het,
het ons die pot lensie-sop
netso weg gegee
aan ’n faksie
wat geen
“kon”
in hul konteks het
nie
© Tearach.
(Kon- Saam , -teks – Woorde wat aanmekaar geweef is)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.