
Versteende treë van tyd
waar sand deur die sif
van jou uurglaslewe val
skuur dit flenters oop
van diep onthou
en kom vou soos vlermuismantels
wat wenteldraai – om en om
die gedagtes en drogbeelde
wat in leë rame
van my denke hang
dan kom my voete
sleepvoet in skuifelgang
om iewers diep
wegloopgedagtes
vas te vang
kom spartel mooi onthou
deur gestolde gedagtegange,
waar my spore reeds in
stadige oumenstreë
met ‘n moeë hond asem
verby die verbrande brûe
van verledetyd skuifelstap
en ‘n groot gemis drup
tik-tok-tik-tok
diep hier
binne my
weerloos en vaal
kom lê die besef dat
uurglassand sal nooit versteen nie –
want geen korrel
wag nie en
T Y D
bly immer
net geleen
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.