Jongste aktiwiteit:

Februarie 2019 – Projek (TYD)

Beste INKers

Ons is al voorwaar weer in die 2de maand van 2019, en dit wil blyk asof tyd vir niemand stilstaan nie.

Ons gaan dus die “uurglas” as tema in hierdie maand se projek aanpak.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig met uurglas as tema.
REËLS VIR DIE GEDIG:
1. Geen rym voorskrifte nie
2. Die titel hoef nie Uurglas te wees nie, maar dit moet streng tematies wees
3. Ondersoek nuwe en opwindende woorde en idees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die onderwerp. Daar is geen woord telling voorskrifte nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n artikel oor die ontstaan en geskiedenis van die uurglas.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n meningstuk oor die kosbaarheid van tyd.

GORRELSKRYWERS:
Spoel jou mond oor hoe sekere mense, winkels en staatsdepartemente onnodig tyd verkwis. Probeer ook ‘n oplossing voorstel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak