
Nuttelose uurglas
kompasloos, rigtingloos
val elke dag se somer
met bitterwit verlange
wat verblindend brand
as versteende uurglassand
druppend na benede
meng nugter denke
en seer verlies
van stamelende verwonding
van dit wat moes wees
in my wêreld waar
soveel skadu’s hurk
so sparteldra ek daagliks
(met verswakte vlerke)
my littekens deur die ure
en meëdoenlose lugleegtes
van vallende
nuttelose
sand
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
SONNEBLOM
Dit is 'n baie treffende gedig