Ander dam se eend
Ander dam se eend
Son lag en leef, is al wat my boerehart begeer.
Ietsie oor die kole en ‘n groot kampvuur, waar die nag sy stories kom vertel.
Die natuur wat om my gesels en wys: daar bestaan ‘n Groter Een as die mens.
Trouring en ‘n groot gesin is gemaak vir ander om mee te besin.
Hier in my lewensdam verkies ek ‘n lewe vry.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.