Trekpad
Trekpad (1)
Janetta –Helena,
so vernoem na my ouma.
Ek leun peinsend terug
met die vrag op my rug
jarelank maar so saamgedra
en met wat in sal jy tereg vra—
Foto – droomalbums uit die ver verlede
maar baie was nog hier kort gelede—
Ook by ou verlate plaasopstal stedes
hoor jy werflangs nog haastige skredes
fluisterend ou vergange stories en grappe
swewend voortleef wyl op stoeptrappe
die voeteval en lag weerklink,
wyl die skelm ou blink-
oog geitjie die veranda insluip
en stilletjies agter potplante wegkruip
met sy mis oral teen die muur
sommer digby wyl ons sku rondtuur.
Om na die buitetoilet te loop
was ons ewig aan die weghardloop
want ou blinkoog so grys doodstil
was naby of binne-in die bril!
Hy het tot binnekant paleise mense verskrik
het die Prediker verklik— (vervolg)
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Siedaar! 'n Pragtige nostalgiese terugblik wat mens somme willig saamsleep! Baie dankie vir die stukkie saamstap Janetta-Helene.