Silwer droom
Blou is die venster
waarby ek staan
en rooi is die mooiste sonop
en ek dink aan jou
Tussen glinsterende silwer’blaar bome
skitter drome in die donkergroen blare
en wanneer die see haar silwer heupe skud
ontwaak die mossels uit hul diep slaap
Terwyl die bome oud word
sal uit die skeur van my mond
‘n klam fluit vir die wind
wegkrul in die groen room
van my silwer’blaar droom
4 Kommentare
-
-
Arnold
Kleure is altyd iets waaroor die mens liries raak.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Janetta-Helena Boonzaaier
Wanneer die see haar silwer heupe skud ontwaak die mossels uit hul diep slaap, is vir my baie mooi beeldspraak Palet.