Jongste aktiwiteit:

Sikspens-liefde …

jy gee my ‘n hart-sikspens
om my geluk te koop
met my blou kitaar oor my skouer
sal ek die pad kaalvoet loop

daar’s klippe onder my voete
maar ‘n reënboog in my hart
want in die toksak op my skouer
het jy jou hart vir my gepak

©




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

2 Kommentare

  • Viooltjie

    Ja, die gedig het so 'n lekker loslit gevoel aan hom. Mooi :-)

  • Inkmoderator

    Ek hou hiervan. Hope potensiaal en 'n goeie treksel talent. Ek gaan klein voorstelle maak en sal graag wil hoor wat jy daarvan dink: jy gee my ‘n hartsikspens [die koppelteken is onnodig] om vir my geluk te koop [vir ingevoeg anders beteken die sin iets anders] met my bloukitaar oor my skouer [bloukitaar - een woord] sal ek die pad kaalvoet loop daar’s klippe onder my voete dog ‘n reënboog in my hart [maar vervang met dog, effe sterker woord?] want in die toksak oor my skouer [nie op skouer maar oor] het jy jou hart vir my gepak Ek is eintlik gaande hieroor. Die idee is so mooi en jy het dit in twee kwadrante perfek vertel. Ek hou van die enjambiese aanbieding sonder leestekens en die kleinletter begin en geen punt einde. Welgedaan en groete.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed