Jongste aktiwiteit:

KOSMOS

  • 265 woorde

Net daar op die skouer van die pad staan hul getrou om deel van die verbygaande lewe te wees. Niemand plant hulle daar nie dis op die platteland n fees. Ingekleur in n pruim pienk nes n granaat wat oopbars en sy binneste wys. So pronk hul langs die teerpad terwyl mielies groei anderkant die draad.
Dis kosmos wat die lente aankondig. Jy weet mos nes vriendskap kos dit mos niks nie.
In sagte baba fluweel pienk en wit is hulle gerangskik. Hulle is nie eksoties soos die roos en orgidee nie, maar hou hul eie bekoring in.
Mens se oë drink die vreugde in wat dit bring. n Fluweel mat van pienk en wit wat skouspelagtig die teerpad of voetpaadjies inkleur.
Partykeer word n naam bordjie versterk, maar jy ken mos die pad wat jou hart moet vat.
n Mens kan amper sê dit is n aflewering uit die hemel vir die ryloper en ou boemelaar. Selfs vir my en jou wat in die verbygaan dit waardeer . Ry stadiger, neem n foto . Laat jou siel die blom rangskiking indrink . Vat jou tyd , nooit weer sal dit dieselfde lyk of sal jy dieselfde voel nie. Ons is elke dag op die regte plek op die regte tyd. Blom in jou omstandighede nes die kosmos want soos hulle kan jy ook n verskil maak met n bemoedigende woord of vertroosting.
Begin by jouself doen introspeksie en plant met n glimlag jou blomsade oral waar jy gaan.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed