Grouvrou
Gisteraand was ek weer ʼn grou vrou.
Uitgestap onder die sekel maan
en by my grou gat gaan sit.
Ek het gegrou in my gat en
al my toe gegroude rougoed gaan uit grou.
Ek het diep gegrou…..
deur my hart
deur my siel
gaan uithaal om net
weer te rou.
Die maan se lig was lou en my siel rou
maar ek wou grou.
Al die wou, sou, half gekoude blou grou goed.
Die maan het in die lou van die skynsel
sy silwer om my kom gooi en saggies in
sy maan-taal gefluister ek moet terug grou….
Ek draai my gister wou,
sou, half gekoude blou grou goed toe
en vandag is en net weer ʼn rou vrou.
5 Kommentare
-
Anze
hierdie is vir my diep-seer....
-
neels
Yolande hierdie werk verdien tien goue sterre by my
-
Viooltjie
Goed gedoen. Die maan het die soort invloed op 'n mens. Jy het dit goed 'verduidelik' in jou gedig :-)
-
Kiekies
Ek is nie slim met gedigte nie, maar ek verstaan alle s wat jy hier skryf. Baie goed gedoen. Dis die grouery wat die rou van nuuts af bring. Wanneer sal ons dan leer om nie te grou nie?!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Al die "ou's" werk lekker saam op die tong. Knap gedaan.