Yl winter-blou
Die ylblou sirkel-kring
om my verlange se web
afwesig bly jou buitelyn
waar ek staar na die horison se lyn
My miskyk in die uur
tik-tik aan my venster
deur die krakies wat koue breek
tot my gedagtes eensaam-eensaam
oor die donker heuwels draf
Ek wag vir jou
in my hart se dou
ek wag vir jou
om my liefde vas te hou
10 Kommentare
-
-

Arnold
Ek hou hiervan, veral strofe 3 is besonders.
-

Anze
Palet hierdie is saggies-mooi maar ook n eensame gedig... baie mooi gepen
-

Evelyn van der Merwe
Afwagting en diepe verlange mooi hier gepen.
-

Amaspoke
Pragtige werk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Pragtig.