Jongste aktiwiteit:

Soos ek altyd wou …

ek hoop sy gee vir jou blomme
mooi soos op ‘n blommeskou
pienk rose in die somer
en geel angeliere in die winterkou’
ek hoop sy maak jou gunstelingkos
bederf jou met ‘n haar oë blou
en op die herd ‘n erdekan
wat elke dag se koffie brou

… soos ek altyd wou

ek hoop sy vat jou speels
om die lyf en dans met jou
kaalvoet in die stofpad
terwyl sy jou hand vashou
ek hoop sy neem jou saans
sodat julle na die sterre gaan kyk
die stilles en die wat verskiet
as julle wonder hoe die ander se drome lyk

…. soos ek altyd wou

ek hoop sy vat jou see toe
sit op ‘n rots na die branders en staar
kyk wie van julle kan eerste
‘n reënboog in die druppels gewaar
ek hoop sy gaan saam met jou
Namakwaland se blomme kyk
elke kleur in perfekte maat
‘n wondermooi natuurtapyt

… soos ek altyd wou

ek hoop sy pluk soggens
die son se blinkste straal vir jou
en saans gaan haal sy ‘n flonker ster
om jou in beskerming toe te vou
ek hoop sy skryf jou naam
in haar dagboek op elke blad
want toe julle saam hier weg is
het jy die grootste deel van my hart saamgevat

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed