Briefie vir jou (48) …
die maande het verby gegaan
en later jare geword
steeds het ek in my hart geweet
dat ek jou in my lewe kort
toe ek een oggend wakker word
was die winter skielik daar
terwyl my hart yskoud voel
het ek na die druppels teen die ruit gestaar
hoe was dit dan moontlik
hoe het dit gebeur
een dag was jy nog by my
en toe skielik is jy van my weggeskeur
ek wag steeds dat jy terugkom
sodat die ys om my hart kan smelt
want al is jy nou al so lank weg
bly jy steeds my hart se held
© borrels
6 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Goeie ritme. Mooi gepen.
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek
-
Koekekranka
'n Dierbare werkie vol nostalgie wat mens in die hart gryp. Emosioneel maklik om hiermee te kan assosieer.
-
Amaspoke
Pragtige werk. Ek het myself al baie daardie vraag gevra maar het nog nie 'n antwoord nie . . .
-
neels
Mooi geskryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Sag en verlangend geskryf, Borrels. Mooi op die oor :-)