Tortelduif
Koer-koer sit jy daar doer,
ek hoor hoedat jy my roep,
boer, boer, jy moet jou roer,
voordat ek ophou met roep.
Luister na daardie gefluister
wanneer hemele begin lewe,
bome in rooi skemer duister
wat rustig in die wind bewe.
Skaam verdwyn die maan,
en vrolik sprei son sy strale,
dit is tyd dat jy nou opstaan,
die beeste wag in die krale.
Hoenders kekkel en kraai
vir die nuwe dag wat wag,
jakkals tjank by die draai
waar ‘n mank skapie wag.
Op jou tak sit jy daar doer,
ek hoor hoedat jy my roep,
boer, boer, jy moet jou roer,
daar is ‘n skapie wat roep.
20/06/2016 © C. du Plessis
6 Kommentare
-
neels
Pragtige werk Casper
-
Viooltjie
Baie mooi. Die morestond het goud in die mond :-)
-
Arnold
Die gedig sê meer as wat hier staan.
-
Evelyn van der Merwe
Pragtig geskilder, daardie boer beter roer voor jakkals hom dik voer met skapie doer
-
Anze
baie mooi gepen Casper
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Pragtig!