Deur Die Oë Van Liefde
Deur Die Oë Van Liefde
Verandering het ongesiens so geleidelik gekom—
Die lagplooitjies, frons tussen die oë en voorkop
raak dieper maar jy kom dit nie agter,
sy is nog net so mooi vir hom,
en hy nog net so mooi vir haar—
Klere word bietjie ruimer gekoop,
die hare begin wys die grys en die kinders
is skielik selfstandig en uit die huis en
jy besef die jare het gevlieg maar
sy is nog net so mooi vir hom, en
hy nog net so mooi vir haar en tot die
ouderdom toe ondrskraag hulle mekaar
want deur die oë van liefde
sien sy nog die jongman,
en hy die jongvrou—
Janetta – Helena [Babs] ©
8 Kommentare
-
-
Amaspoke
Skielik besef jy met 'n skok, daar is 20 0f 30 jaar wat jy nie weet wat daarvan geword het nie. Baie mooi gebeeld.
-
Kiekies
Hierdie gedig herroep dadelik 'n hoop herinneringe in my gedagtes. Pragtig gedoen. So met die ouderdom se saamstaan, word jou oorskiet jare dalk minder maar die ontasbare rykdom hoop heerlik op.
-
Anze
Ai tannie Babs dis mos hoe die oe van die liefde kyk... daar diep binne waar dit saakmaak.. pragtig gepen!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Is dit nie waar nie! En jy skryf dit so mooi vas... Baie dankie vir die saggies aanspreek van die oudwordding Babs. 'n Pragdag vir jou.