Jongste aktiwiteit:

Boemelaar

met jou ou flenter-vodde hoed
oë stokstyf starend na niks
diep-kerf plooi vergete gisters
en hand wat bedelend bewe
hoekom so mors met jou lewe

steeg en karton is jou woning
daar’s vir jou geen ander plek
hoeveel lang, koue winters
lê jy hier plat, vuil uitgestrek
met kankervlekke oor jou lyf

niksseggend, taai-strak gesig
neus aan repiesmou gesmeer
is dit hoe mens boedel oorgee
voete haas snel- stil verby
te trots of besig om uit te vra
kan ons kos of ‘n geldjie bydra

jou lewe bewe ongestoord voort
jou belange, gawes, siel oorboord
een ding sou ek graag wou weet –
was jy dalk ‘n dokter, prokureur
almiskien ‘n springbok atleet?




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed