lied
–
o liedjie van verlange
hoe saggies dring jy so diep
deur die mis van my siel bevange
in elke dag se lewenslot
–
die lied in my hart
waai sterk soos storm wind
wat meesleur en soms verwoes
dit wat in sy pad kom staan
–
melodie van liefde
sleur my mee in salig lot
van net maar mens wees
swaarkry en genot
–
daar is maar net een
waarvoor die Liefde kan staan
wat deur Sy swaarkry verdien het
onvoorwaardelike liefde ontvang
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.