Kraal
klipkraal van my verlede
oeroue uitsoek-en-pak bouwerke
beeskraal, skaapkraal en soms stamkraal
klippe het hoekstene geword van my onthou
oudmodiese veekraal-klippe het fondasie geword
van nuwe plaashuis en geboue en ’n goeie drein
kraal het so ’n diep verlede in my huistaal
dit broei in gedagtes en drome so ryk
solank jy in my kraal kom woon
aan dieselfde kraal wil behoort
kan ons elkeen ons eie blêr gee
soos voëltjies van eie bek
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.