Beste INKers
Ons betree alreeds die 5de maand van 2020 en vertrou dat julle en jul families gesond en veilig is tydens die grendeltydperk.
Die tema hierdie maand is “Ek wens dat ek…”
DIGTERS:
*Skryf ‘n sonnet (Engels- of andersins).
*Jy mag nie die tema as titel gebruik nie, maar die inhoud moet die sinsnede op een of ander plek bevat.
* Jou vers sal streng volgens sonnet reëls beoordeel word.
GORRELS:
* Gebruik die sinsnede in jou skrywe.
* Skryf ‘n vonkgorrel van 200 woorde.
* Dui jou woordtelling aan.
VERHALE:
* Skryf ‘n periode verhaal van minder as 800 woorde.
* Gebruik die tema.
* Dui jou woordtelling aan.
RUBRIEKE:
* Gebruik die tema – 500 woorde
ARTIKELS:
* Gebruik die tema innoverend – 500 woorde
Dis lekker om in Afrikaans te skryf.
Projekbestuurder.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE