Jongste aktiwiteit:

ProjekteMei 2020 – “Ek wens dat ek …” projek

Beste INKers

Ons betree alreeds die 5de maand van 2020 en vertrou dat julle en jul families gesond en veilig is tydens die grendeltydperk.

Die tema hierdie maand is “Ek wens dat ek…”

DIGTERS:
*Skryf ‘n sonnet (Engels- of andersins).
*Jy mag nie die tema as titel gebruik nie, maar die inhoud moet die sinsnede op een of ander plek bevat.
* Jou vers sal streng volgens sonnet reëls beoordeel word.

GORRELS:
* Gebruik die sinsnede in jou skrywe.
* Skryf ‘n vonkgorrel van 200 woorde.
* Dui jou woordtelling aan.

VERHALE:
* Skryf ‘n periode verhaal van minder as 800 woorde.
* Gebruik die tema.
* Dui jou woordtelling aan.

RUBRIEKE:
* Gebruik die tema – 500 woorde

ARTIKELS:
* Gebruik die tema innoverend – 500 woorde

Dis lekker om in Afrikaans te skryf.
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Virág giggel oor die nuwe plakkaat op die muur: “In compliance with the 18th Amendment NO intoxicating liquor allowed on the premises.” Reg langs dit is ‘n toring sjampanje glase gevul met die glinsterende, borrelende drankie. Die orkes speel die wonderlikste klanke – jazz. Ongetroude paartjies dans wild op die musiek onder die bruin-geel ligte […]

In ‘n digmisgetooide môrestond, teen ‘n ploegskaarlyn van ‘n losklip rand is ek neergelê deur die boer se hand, ‘n varsloot geplant in geleende grond. So koelsomersoel en blinkpêrelrond in volrooi getooi teen die wingerd sand, vryhand geskilder aan die berghang kant, soos ‘n smelt in die mond, so ongeskond. My vrede so soet is […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak