Staat van inperking(silwer)
My wintervingers is ingeperk
agter leë grendels toegetrek
tot waar duifies oor die dieperblou vertrek
wonder ek, soos ritselende winde my gedagtes ruk-
Für Elise laat my verbeelding vry
so nimmerstil so onverstaanbaar mooi
melanchollies die donker in
stil, stil my kind sing die wind
kom lê by my stille nag
laat my voete oor jou kwarrieteëls gly
ek wens dat ek die einde kry
dis ‘n doodlooptrein in monochroom rooi
dis die wit en swart skakerings in gyseling
dit is die bosveld hunkering wat in skadu’s droom.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek