Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2023 – BLOU projek

Beste INKers

Ons betree die tweede maand op ons kalender vir 2023. Ek vertrou julle is almal reeds ingeburger in en teen die aanslae wat die nuwe jaar gebring het. Elke deelnemer aan die projekte, elke maand, verdien ‘n applous. Baie dankie dat jy bydrae om INK lewensvatbaar te maak en op jou eie unieke manier die Afrikaanse skat te vergroot.

Hierdie maand maak ek die projek meer uitdagend want ons het lekker rustig verkeer oor Desember en Januarie.

DIGTERS:
1. Skryf ‘n vers met 14 lyne, 3 kwatryne en een koeplet. Dit is die vorm van ‘n sonnet, maar ek wil hê jy moet jou eie reëls maak en NIE sonnet voorskrifte volg nie.
2. Die tema is: “Hulle dink hulle is vry” wat ‘n reël uit Laurika se “Bloubergstrand” is.
3. Jy MOET 2 neologismes insluit en dit in ‘n voetnota aantoon.
4. Jy MOET ook iewers in jou gedig verwys na die kleur BLOU.
5. Moet asseblief nie elke reël in die vers met hoofletters begin nie.
6. Daar is geen voorgestelde rympatroon nie, maar as jy een skep en dit suksesvol aanbied sal dit ekstra punte tel.

MENINGSTUKKE:
1. Skryf jou mening oor die bestaansreg van jou gunsteling Afrikaanse liedjie.
2. Motiveer waarom dié lied juis vir jou van waarde is.
3. Jou skrywe mag nie meer as 500 woorde wees nie.
4. Dui asseblief jou woordtelling aan.

ARTIKEL:
1. Skryf ‘n artikel oor die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.
2. Jou artikel moet ten minste 600 woorde beslaan.
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.

RUBRIEK:
1. Jou tema: “As die musiek my gemoed verander, dan weet ek dit het waarde.
2. Geen woordtelling limiet nie.
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.

VERHALE:
1. Skryf ‘n komiese verhaal.
2. Die tema: “Die koor tree in die stadsaal op”
3. Dui asseblief jou woordtelling aan.
4. Woordlimiet: 1200 woorde.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker skryf
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Oorsig oor musiek. Musiek is universeel aan die wêreld. Suid-Afrika se musiekbedryf skakel in by die tendens van musiek reg oor die wêreld, alhoewel op kleiner skaal as dit met baie ander lande vergelyk word. In Afrika is die Suid-Afrikaanse musiekbedryf die meer prominente een. Oor die algemeen is daar in die musiekbedryf baie faktore […]

waarlik vry met haar glimlaggende gelaat: stralend hou sy die Himalaja-blou papawer vas strelend, sag speel sy die ou-ou speletjie “hy’s lief vir my, hy’s nie lief vir my …” sy trek die blaartjies af, tuimel grondwaarts eerste een is vir liefde, dan volg vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing as al […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed