
Die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.
Oorsig oor musiek.
Musiek is universeel aan die wêreld. Suid-Afrika se musiekbedryf skakel in by die tendens van musiek reg oor die wêreld, alhoewel op kleiner skaal as dit met baie ander lande vergelyk word.
In Afrika is die Suid-Afrikaanse musiekbedryf die meer prominente een. Oor die algemeen is daar in die musiekbedryf baie faktore wat ʼn rol speel, elk met hulle eie funksie.
Van die komponente is:
* Die kunstenaar: liedjieskrywer, komponiste en die musikante.
* Agente, met die bestuurders en mense wat hulle moet bekendstel
* Publiseerders van musiek
* Maatskappy wat plate vervaardig
* Regsmense wat die verkoopregte moet hanteer
* Algemene diensverskaffers wat funksies moet behartig; studio aspekte, handelaars en funksies moet hanteer.
* Verbruikers wat die produkte moet aankoop.
In Suid-Afrika sal jy paar platemaatskappye kan vind, onder andere: EMI, Sony BMG, Universal en Gallo. Daar het sedert die begin van Afrikaanse musiek ook heelwat kleiner vervaardigingsmaatskappye ontstaan. Die bekendste onafhanklikste maatskappy in ons tyd is Select Music.
Vroeëre geskiedenis.
Soos met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal het Afrikaanse musiek ʼn lang geskiedenis. Die twee loop hand aan hand. So ver dit vasgestel kan word, het die broers Mackay in die jaar 1914 begin met die invoer van musiek uit Brittanje. Eric Gallo het in 1932 die heel eerste musiekstudio opgerig. Hier is die eerste opnames gemaak van Afrikaanse kunstenaars. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë doen in 1923 die heel eerste radio uitsending uit Johannesburg. In 1927 word hierdie assosiasie saamgevoeg met African Broadcasting Company. In 1936 word hulle die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie of SAUK soos dit aan ons bekend staan.
Aanvanklik was dit liedjies in Nederlands en Duits, wat vertaal is en opgeneem is. Dit is die liedjies wat jy sal vind in die FAK-sangbundel. Verskillende genres was onder andere: volksliedjies, piekniekliedjies en ook egte tradisionele musiek.
In die 1950’s verskyn die Briels op die toneel en begin sing oor armblankes en hulle haglike toestande. Hulle raak gou bekend vir hulle lied: ‘Die trein na Pretoria’. Die musiek toneel word in die 1970’s oorheers deur lekker saamsingliedjies sonder dat daar enige politiek by betrokke is.
In die jaar 1975 het Radio 5, wat later as 5FM bekend gestaan het, begin om programme uit te saai wat gemik word op dienspligtige asook jong mense. Die tendens verander egter toe die jonger mense na Engelse musiek begin luister in die 1980’s.
Populêre Afrikaanse musiek.
Oor tydperke word daar deeglik navorsing gedoen deur te kyk na insette van alle musiekproduksies asook die musiekkapitaal en advertensies rakende Afrikaanse musiek. Die insette van alle aspekte speel ʼn groot rol om te bepaal watter musiek populêr is.
Verskillende musiekprodukte.
Daar is twee duidelike afdelings vir verskillende produkte wat beskikbaar gestel word in die verbruikersmark, naamlik produkte wat op herhaaldelik basis gebruik word, bv. kassette, cd’s en dvd’s. Daar kan met vrymoedigheid gesê word dat hierdie mark op ʼn stadium die grootste bron van kunstenaars se inkomste gevorm het. Die ander afdeling is lewendige vertonings deur kunstenaars. Albei hierdie kategorieë is vir die kunstenaars belangrik.
In die 1980’s word musiekvideos en musiek-dvd’s aan die publiek bekend gestel en het dit baie gou populêr geword. Nog ʼn groot treffer was die opnames wat gemaak is tydens konserte en musiekfeeste.
Musiekkonserte waar verskeie bekende kunstenaars optree voor groot skares in sale, sportarenas en plekke soos Sun City word spoedig ʼn nuwe geleentheid wat Afrikaanse musiek se voortbestaan bevorder. Die minder bekende kunstenaars kry blootstelling om saam met die meer bekende kunstenaars op te tree en so trek hulle die voordeel van groter gehore.
Musiekfeeste bevorder die kultuur van Afrikaanse Musiek en is ʼn immer gewilde vorm van vermaak wat Afrikaanse musiek bevorder.
Die KKNK, oftewel die Klein Karoo Nasionale Kunstefees met die ATKV as borg se doelstelling is om uitsluitlik Afrikaans en Afrikaanse musiek se bestaansreg te verseker.
Nuutste bemarking.
Tegnologie bring groot veranderings. In die laaste dekade word die Internet, MP3 en Luitone vir sellulêre fone ingespan vir nuwe advertensiemoontlikhede. Daar is dan ook die geleentheid om musiek af te laai beskikbaar.
Kommersiële webwerwe soos Kalahari.net maak dit vir die verbruikers moontlik om musiekprodukte aan te koop sonder om fisies na ʼn winkel te gaan vir aankope.
Sielkundige effek.
Musiek is vir ons ʼn kultuur-trots en kan nie sleg as ekonomiese entiteit gesien word nie. Die effek wat musiek op die mens het, bepaal of Afrikaanse musiek sal voortbestaan. Musiek lok ʼn sekere reaksie uit as jy daarna luister, hetsy die herinneringe wat dit oproep of die emosionele reaksie. Hierdie reaksie ontlok by die luisteraar die behoefte om weer en weer hierdie emosie te ervaar.
Die bevinding van navorsing dui op positiewe groei van Afrikaanse musiek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
©Marlene Erasmus
28/02/2023
(792 woorde)
Bronne:
www.mieliestronk.com
www.litnet.co.za/ons-musiek
www.sauktv.com/tag/geskiedenis-van-afrikaanse-musiek/
www.af.wikipedia.org/wiki/Afrikaansemusiek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek