
Die luister werd.
Ja, wat kan ek sê van Skipskop van Sonja Heroldt? Die Afrikaanssprekende ikoon se lied vat my ver terug na my tienerjare. Met haar sag strelende stem kon sy my wegvoer na ander verre lande. As jong dogter het ek gedroom van oppak en wegtrek na nuwe bestemmings.
Die woorde van hierdie lied is die van swaarkry, verdriet maar tog ook van bietjie hoop.
Pak op, pak op
Sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg,
Ver van hier weg
Skipskop, skipskop,
Wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor
Overberg se mens
Isse ek gebore,
Op die plek skipskop
Nes my pa en sy pa ook.
Hier deurie duine, loop onse spore
Hier op die beach
Hier langs die see is ek gedoop
Maar wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Maar verkoop jou bootjie,
Pak op jou goedjies
En sê maar so long skipskop,
Skipskop sê goodbye
Linkerhand, o die regterhand
Wat se kant le die plek, misverstand
‘Seblief meneer, ag sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet more vat
‘N stukkie lê hier en ‘n stukkie lê daar
Stukkies van my lewe hulle lê deurmekaar
Tel op tel op vir shorty en vir pop
Gaan haal vir apie en hou daai kindjie dop
Maar wat ken ek anders
As die blou dam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Pak op jou goedjies, pak op jou goedjies,
Sê maar so long skipskop
Skipskop sê goodbye
Sê maar so long skipskop
Skipskop sê goodbye
Wanneer ek na hierdie pragtige, dog hartseer liedjie luister kan ek nie anders as om met groot empatie te kyk na ander mense nie. Daar is dikwels so baie seer in die bestaan van mense en ons kan so maklik net aangaan of swaarkry nie bestaan nie.
Die oomblik as Afrikaanse musiek hierdie diep emosie by my wek, klop my hart warm.
VIVA Afrikaanse musiek!
©Marlene Erasmus
28/02/2023
(342 woorde)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek