Jongste aktiwiteit:

SEMIETE en ANTI-SEMITISME 2

SEMIETE en ANTI-SEMITISME
Deel II
In die moderne staat Israel is twintig persent van die bevolking Arabiere. Dis Palestyne, meestendeels Moslems met ‘n klein minderheid Christene. Hul moedertaal is Arabies. Hulle tel as Israelis en kan om ‘n Israelse paspoort aansoek doen. Van die Joodse (Hebreeuse) Israelis word bereken dat slegs veertig persent egte Semiete is. Dis ongeveer gelyk twee-en-dertig persent (‘n derde) van die hele bevolking – teenoor twintig persent Palestyne (‘n vyftel). Die res kan na bewering nie, of nie meer, as Semiete gekenteken word nie.
Die woord Israeli (staatsaangehorige) beteken nie dieselfde as Israeliet (volksgenoot), die historiese naam vir die Jode in die bybeltyd, nie.
Sedert die stigting van die staat Israel in 1947 is dit in die meeste lande, minstens in Westerse state, verbode om kritiek teenoor „die Israelis” of die staat Israel uit te oefen, besonders nie oor die gewelddadige totstandkoming van daardie staat nie. Luidens VVO-besluit. Dit geld as anti-Semitisme. Dit is ook verbode om twyfel oor die Waarheid holokaust uit te spreek. Hierdie wette word ekstra sterk in Duitsland en Oosterryk toegepas. Gelyktydig is Israel en die Israelis aan baie harde kritiek onderworpe, veral in die United Nations Human Rights Council (UNHRC). As die Waarheid nie alleen kan staan en homself bewys en verdedig nie, moet hy aanskynend met die geweld van die wet demokraties opreggehou word.
In die lande van die Midde-Ooste, word die politiek van die staat Israel gekritiseer en nie die Hebreeuse religie / godsdiens of die vorm van die „Joodse” neus nie; almal het mos dieselfde neusvorm! Almal is dog Semiete, mede-Semiete. Buite die sestig persent van die Israelis natuurlik. Almal se Heilige Boek omvat Moses se tien gebooie en die profesië. Almal glo aan die Een God.
Waar is die probleem? Waar kom „anti-semitisme” op die spel? Wie is die eintlike anti-semiete in die Midde-Ooste?
✲ ☾ 🕆
Die ergste kritieḱ wat ek tot nou toe gehoor het, is dat die „Christlike” Europeërs glad niks meer vir hul godsdiens (religie) oorhet nie, die Jode ook nie so reg veel nie. Maar die Moslems ÍS jawel religieus. Hulle GLÓ nog aan God en hulle DIEN Hom. Hulle het nog ‘n gevoel vir sedelikheid, vir gemeen­skap, respek. Dit alles het die Europeërs verloor – of dit skyn minstens so in hierdie moderne, westerse wêreld van „anything goes”. Die min praktiserende Christene probeer met alle krag om iets opreg te hou wat reeds besig is om uitmekaar te val: Dis die Christelike Awendland, wat ook Amerika en die Amerikaanse kolonië (o.a. Israel, Engeland, Duitsland) insluit. Die sorglose res van die bevolking sien dit nie raak nie en streef daai Nuwe, daai Moderne, daai teuellose Bevryding aan.
Die bevryding van wat? Van sedelikheid, van gemeenskap en gemeenskapsin, verantwoordelikheid, religieusiteit; van menslikheid? Van menswees. Moses se „klipwette” is grotendeels al buite krag gestel: Ons sien dit aanhand van die hooggeprese seksualiteitsvryheid – met wie mens mag slaap en hoe min beskerming vir swakkes is, hoe dierse geluste die oorhand geneem het.
✲ 🕆 ☽
Anti-semiet is, soos ek dit verstaan, diegene wat nie self Semiet is nie en wat teen die oer-bewoners van die Semitiese wêrelddeel optree, die Arabiere, Palestyne, Siriërs hoofsaaklik en ander volke uit die gebied, ook die Hebreërs.
Dit is soos wanneer twaalf Semitiese siviliste, ou gryskoppe en klein meisiekinders inkluis, met hul lewe vir die dood van ‘n soldaat met Europese herkoms moet betaal. Anti-semities is die regering wat ‘n sestienjarige meisie in die tronk haar lewelank wegbêre omdat haar vader in die opposisie in sy eie vaderland is – ‘n brandaktuele geval. Anti-semiet is diegene wat toelaat dat mense dekades lank in vlugtelingkampe laat vegeteer (Sommige is daar gebore en gestorwe).
Twee vooraanstaande vrouens uit vrede-bewegings moes oor die Duitse radio toegee dat hulle eers in die buiteland mekaar kon ontmoet om met mekaar te kan praat. Twee Semitiese vrouens, ‘n Joodse en ‘n Moeslima.
✲ ☾ 🕆
Lees graag die nuusberigte en kyk na die tv-bydraes uit die Midde-Ooste en Europa noukeurig: Wíe doen wát aan wie? Was dit ‘n politiese handeling? (Watse state is betroffen? Gaan dit om die basis- of grondhouding van die opponente, by voorbeeld, demokraties, totalitêr, outoritêr of wat? Wil iemand beter lewensomstande? Wil iemand oorheers? Gaan dit om die staat Israel en sy burgers, of ‘n ander staat?) Was dit ‘n religieuse daad? (Wil iemand oortuig, missioneer of sy geheiligte standpunt verdedig of hoe? Gaan dit om die geloof van die Hebreërs, Christene of Moslems?) Was dit eenvoudig ‘n geval van suiwer kriminele vandalisme?
Ek wil niemand sê wat hy moet dink nie. Ek sou graag wou sien dat mense sélf oor hierdie dinge dink, nadink.
As die tema vir jou belangrik is, lewer elke soort kritiek (ook positiewe!) oor hierdie strydbare artkel onderaan in die kommentaarkassie. [Nie-lede mag gratis registreer en kommentaar lewer. Om ‘n eie artikel in te dien moet u lid wees.]
Origens: As hierdie afleiding van die begrip (anti-)Semiet(-isme) nie bevredigend is nie omdat dit miskien nie wetenskaplik is nie en totaal oud-modies en dus ongeldig is, laat dit so wees. Dan is daar geen Semiete nie. Dan is daar ewe geen anti-semitisme nie. Dan is daar geen probleem nie.
✲ ☽ 🕆
☆ Kyk na my artikel op Ink.org.za: Die ALLERHOOGSTE dat. 27e. Junie 2017. Daarin haal ek moses aan uit sy artikel: „Waarin glo ek?” op woes.co.za van 9e. Desember 2011, waar hy sê:
„. . . Abraham het agt seuns gehad. Die oudste was Ismael, daarna Isak, en daarna nog ses seuns. „En Abraham het weer ‘n vrou geneem met die naam van Ketúra. En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar” . (Gen 25:1-2) Die Bybel leer ons oor een seun se toekoms, die van Isak. Ismael en die ander seuns leer ons nie van in die Bybel nie, maar tog was hulle uit die nageslag van Abraham en dus deel van die verbond tussen Abraham en die HERE. . .
So leer ons ook dat Moses se skoonvader, Jetro ‘n priester was. „En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian” Eksodus 3:1. So nie alle mense wat die HERE gedien het was van Israel nie. Israel word vir ons as voorbeeld voorgehou in die Bybel. Wat van die ander seuns van Abraham geword het, word nie vir ons in die Bybel geleer nie, al was hulle deel van die verbond met Abraham. . .”
☆©.31e.Januarie2018……☽ ✲ 🕆 ………………………………..tje☆
[Einde van Deel II]




Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword