SEMIETE en ANTISEMITISME
SEMIETE en ANTI-SEMITISME
Deel I
Momenteel stroom die vlugtelinge oraloor in Europa heen en weer. Egte vlugtelinge uit „krisisgebiede” oor die hele aarde: Afrika, Asië, maar veral uit die Midde-Ooste – Sirië, Libanon, Iran, Irak, Palestina. . . Ook „ónegtes”, politiese ekstremiste, potensiële terroriste, veral uit Moslem lande — besonders Arabiese lande – om onder meer teen die Jode hul twis hier voort te sit.
Na bewering.
✲
Te een-of-ander tyd, op een-of-ander plek in enige Europese stad of dorp kan bomme ontplof, veral motor- en selfmoord-bomme in besige strate, op besige pleine, voor belangrike geboue. Onlangs is ‘n bakkie met nooddiens-tekens deur ‘n sekuriteits-grens deurgelaat en het daarbinne ontplof. Dikwels word demonstrasies gehou waar sogenoemde „haatredes” gehou, haat teenoor die Jode gepreek en die nasionale vlag van die staat Israel verbrand word.
In aai-so-vredevolle Europa begin die mense weens die „anti-semitisme” om te bang. Daar kry die „ultra-konserwatiewe” partye uit die „buiteste regse spektrum” alhoe meer toestemming, alhoe meer lede, alhoe meer setels in die parlemente, wat, veral in die arm, klein lande aan die buitegrens van die Europese Unie, al hoe strenger immigrasie-wetgewing laat besluit. Maar nie net daar nie: In Nederland, Frankryk en Italië en onlangs ook glad in Oosterryk is die „regtervleuel” reeds stark genoeg om aan ‘n koalisie-regering deel te neem.
Soos gesê, die Europeërs is bang.
✲
Op Europese vlak in Brüssel en ook in die verskeie nasionale parlemente word wetgewing deurgeboks om die antisemitiese aksies stop te sit, om diegene wat dit doen, te bestraf en in hulle tuislande terug te stuur, makiesaak of daar oorlog is of nie. Nie net die Joodse Raad van Duitsland nie, maar die Opvoedingsdepartemente en allerhand politiese en opvoedkundige eksperte kom met goeie raad hoe om die kinders, die eie en die vlugteling- en ander immigrant-kinders in te lig oor die Derde Ryk en anti-semitisme en wat dit beteken „veral onder die Duitsers”. Veral in Duitsland – asof niemand anders teen die Jode was nie. En nog is.
Ja, maar wag eers! Wat of wie is Semiet, ‘n Semiet? Wat is anti-semities? Wat is semities? Wie is anti-semities? Wie pro-semities?
Dis vrae wat nie beantwoord is nie omdat dit nie gestel is nie.
✲
Die woord Semiet beteken eintlik „Seun van Sem”. Dit wil sê hy – of sy – stam van Sem, ‘n seun van Noag af. Daar was die drie seuns Gam of Ham, Sem of Sjem en Jefta of Jafet, wat na die sindvloed hul weg in die wêreld gebaan het. Elkeen sy eie pad: Gam se kinders ken ons; hulle het suidwaarts diep in Afrika ingetrek: Die Hamiete, die swartmense, onder wie ook ons Bantoes getel word. Jafet se kinders het eerder noordwaarts rigting Europa heen gewandel. Van hierdie twee broers is nou en hier nie die rede nie.
Sjem se kinders het in die gebied om die Middellandse See gebly, eniges het weswaarts die Noord-Afrikaanse kus langs tot die Atlantiek getrek en andere waarskynlik suidwaarts tot in die Horing van Afrika, maar hulle het hulle hoofsaaklik in die gebied wat ons die Midde-Ooste noem, neergelaat: Die Arabiese Skiereiland tot aan die Persiese Golf, Palestina en die Middellandse See se Ooskus, tot in die omgewing van die huidige Sirië en Libanon ongeveer.
Van hierdie Sjem stam Abraham of Ibrahim af, wat agt seuns gehad het. In die Bybel lees ons oor Isak en sy groot broer Ismael. Jakob (Israël) se seuns het die twaalf stamme van die volk Israel gestig. Van Ismael stam die Isjmaeliete wat hulle self in verskillende volke opgedeel het en wat ook aan Abraham se verbond met die Here deelgehad het ☆. Dan was daar ook nog die ander Semitiese volke wat nie van Abraham af gestam het nie. Die jare en eeue het verbygegaan en al hierdie groepe het grotendeels, afgesien waarskynlik van ‘n paar enkelinge of klein groepies, daar gebly waar hulle grootgeword het, in en om die Midde-Ooste en Arabië en die drooggebiede van Noord-Afrika – die kinders van Abraham, ‘n kind van Sjem, en al die ander Semitese volke, die Semiete, kinders van Sjem.
✲ ☾
Juis hóé hulle saamgeleef het, in vrede of twis, staan op ‘n ander blad geskryf. Maar ná so-en-soveel eeue kom vernuwings: Die lang-verwagte
Messias het gekom, sê die Christene; Is glad nie waar nie, sê die Hebreërs of Israeliete. Waar is, egter, dat die Romeine hul land oorgeneem en in Palestina hernoem het en het hulle weggejaag. Waar is ook dat later, toe die Romeinse Ryk nie meer bestaan het nie, die orige Semiete die kerngebied Palestina nog altyd bewoon het. ‘n „Harde kern” van Israeliete (na hul herkoms) of Hebreërs (na hul taal en volksverbondenheid), soos hulle hul self genoem het, het in hul „Heilige Land” aangebly en tussen die nuwe grondeienaars gewoon.
Dis ook waar dat etlike eeue dáárna ‘n nuwe profeet, Mohammed of Mahommet, met ‘n nuwe Heilige Boek, die Koran of Q’ran van Islam gekom het (naas die Hebreeuse Torah en die Bybel van die Christene, die volgelinge van die Messias). Hierdie Koran het die wesentlike dele van die twee ander Boeke bevat; dit erken die woorde van die vorige profete aan. Ook Jesus word as profeet erken en geëer as Issa bin Joesoep of Issa bin Mirjam (Jesus seun van Josef of van Maria).
In die Koran word die Hebreërs en die Christene as Dhimmies , as medegelowiges aan die Een God, respekteer en beskerm. Die gelowiges aan die Torah en die Bybel het egter nie sulke bepalings gehad nie en het die Moslems verbitterd vervolg.
In die loop van tyd het tien van die twaalf stamme van die Hebreërs / Israeliete uitgesterf, en die oorlewendes word toe onder die samelnaam van die één stamvader, Juda of Jehuda genoem: Aldus die Jode.
✲ ☾
Hierdie „Jode” was oral in die wêreld versprei en is deur die Christene onderdruk en verspot, ondermeer „omdat hulle ons Heer gedood het” — tot in die twintigste eeu! – en moes hulle self en hulle kultuur (geloof) met alle middels verdedig. Sommige het met die inboorlinge van die lande waar hulle vertoef het, gemeng met die gevolg dat die semitiese aandeel van die Joodse bevolking afgesak het. Die anti-Judaïsme van die vorige eeue het onder die invloed van die Eeu van Verligting (18e. eeu) begin verblas en baie Jode het tot Christendom oorgegaan. In die loop van die 19e. eeu kom egter ‘n nuwe naam vir anti-Judaïsme op: anti-Semitisme. Die woord anti-Semitisme is dus sedert ongeveer 1860 gebruik om as ‘n nuwe pseudo intellektuele begrip vir die onvebloemde haat op Jode – let wel, nie op Arabiere nie – alhoewel die Arabiere ook Semiete is.
Na die Derde Ryk en die „holokaust” en die tweede wêreldoorlog is die Jode die moontlikheid gegun om weer terug te keer in hul ou tuisland van amper twee-duisend jare gelede, en hulle het op groot skaal onder die wimpel van die Zionisme geïmmigreer.
Die leidende gees van hierdie beweging was Theodor Herzl wat vreedsame, onbewapende saamleef met die ander ibewoners geëis het. Maar die navolgende leiers van die settlaars, gelowiges in Jahwe die God van Toorn, het hulle teen die volgelinge van Allah die God van Geregtigheid, verset en aanspraak gemaak op die hele gebied wat hulle in Bybelse tyd besit het.
Daar was dit onvermydelik dat rusie ontstaan tussen die Toorniges en die Geregtes! Dit is wel Een God, maar die Een God het verskeie aspekte of fasette. En Eenoog kan nie alle fassette gelyktydig sien nie.
©.31e.Januarie2018……☆ ✲ ☽ 🕆 ☆………………………………..tje
[Einde van Deel I. Deel II volg binnekort.]
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Alle lede word uitgenooi om aan 'n gesprek oor hierdie brisante tema deel te neem. Nie-lede kan gratis registreer en kommenteer. Ons vra dat 'n beskaafde, beleefde omgang heers. Om 'n eie bydrae te lewer, moet u lid word. GvT