DROOGTE in die Weskaap
DROOGTE in die Weskaap
[Hierdie skryfsel het ek, soos ons onder sien, lank gelede opgestel en later op Woes afgedruk. Ek sien in die TV dat sedert gister water in die Weskaap streng rasioeneer word. Ek hoop dat iemand daarby sal staan en sorg dat die mense slegs vyf liter neem! Toe ek aan die Kaap was, het ek mense wat vroeër benadeel is in ‘n „township” vir vroeër benadeeldes afgelaai. Daar sien ek hoe ‘n brandwaterkraan ‘n dik boog deur die lug spuit en in die sand verdwyn. Daar was niemand daarnaby nie, toe klim ek uit en draai die kraan toe. Nadat ek vorentoe omgedraai het. Kom ek weer verby en ek sien ‘n vroeër benadeelde staan en draai die kraan weer oop. Hy kyk my astrant aan: Ja, wat het ek met sy water te doen?]
Ongeveer twaalf jaar gelede (19-iets-en-neëntig ) was ‘n samekoms in die stadsaal van ons Kleinstadt. Dit het gegaan om ‘n verskynsel wat al hoe ernstiger word, maar waaroor gewoonlik nie in die mainstreampress berig word nie:
Die spore wat agter spuitvliegtuie ontstaan wanneer hulle deur verskeie lugmassas vlieg. Dis duidelik dat, as die warmlug uit die uitlaatpyp stroom, dit kondenseer en in stoom omvorm, en dis afhanklik van die temperatuur en veral die lugvogtigheid van die gebied waar hulle deurvlieg. Hoe klammer die lug, hoe sterker die stoomspoor. Sulke spore los hulle self gewoonlik na ‘n paar minute of kilometers op en verdwyn weer in die niet. Ek onthou toe hoe ek my kind in die sewentigerjare ‘n rondte in sy waentjie gestoot het en het bemerk dat daar elf parallel spuitvliegtuigwolkstrepe in rigting Skandinawië of terug was. „Soveel lugverkeer op ‘n Sondag nog!” dag ek by myselwers.
Dit gebeur al hoe meer dat sommige „stoomspore” baie lank „bly lê” — dalk ‘n halwe dag en meer. Ons bemerk dat sulke spore parallel lê, met ‘n reëlmatige afstand (plus-minus twaalf kilometers) daartussen, dat hulle langsamerhand uitrafel soos ‘n meisie se hare, en dat hierdie lokke uitstrek en met mekaar verbind, versmelt. As ons genoeg tyd het om toe te kyk, sien ons miskien dat, as die hemel vol stoomspore is, sê maar oos-wes strepies, dan kom ander spore wat oorkruis, sê maar noordoos-suidwes strepies, soos iets geweefdes. Later in die dag sien ons geen „strepe” meer nie maar dat die hemel nie meer so stralendblou is nie, dat dit eer ‘n melkige of poeierige kleur aangeneem het soos hoognewel, andersins sonder wolke.
Sulke spore noem ons „Chemtrails”: Chemiese spore, wat as ‘n soort sonskerm oor die aarde „geweef” word.
By bogenoemde vergadering het die sprekers vertel dat ‘n man namens Edward Teller reeds in die neëntien-veertigs beweer het dat die aarde juis ‘n sonskerm, a global sunshade nodig het om die klimaatverwarming voor te keer. Sedertdien het „die Amerikaners” die tegniek perfek gemaak, en dat oor die hele wêreld sulke nette gespan, geweef word, in ongeveer twaalf kilometer hoogte (bietjie hoër as die normale passasiermasjiene vlieg) uit die een of ander polyethylin-molekule waaraan stowwe soos strontium, barium en aluminium kleef.
Sulke chemiese elemente is bedoel vir:
° aluminium: om die son se ligstrale, veral ultra-violettes, te weerkaats — vir afkoeling;
° barium: om die water uit die onderliggende lug af te trek — veroorsaak ook koue en droogte(!);
° strontium: weet nie meer nie.
Met hierdie voorkennisse kom ek toe 2005 aan die Kaap, en daar sien ek aan die atlantiese kus hoe vliegtuie uit die Ooste kom (Boland) ‘n draai maak oor die vlak water en terugvlieg op ‘n parallelspoor sowat twaalf kilometers weg al spuitend, spuitend met ‘n wit streepwolk agterna.
Nou kan iemand sê dat die lug oor die hele Suidwes-Kaap in winter ‘n hoë waterinhoud het en dat daar natuurlik langer en langaanhoudende stoomspore moet wees. Vir diegene raai ek aan om nie vir my te glo nie, liewer self opmerksaam die hemel daarbo dop te hou. Almal kan dit doen, maak nie saak waar jy woon nie: As jy trein- of motorry, as ‘n kantoorwerker of huisvrou deur die venster kyk, as ‘n boer of pensionaris in die buitelug opkyk — elkeen. Nie aanhoudend in die lug kyk nie: Dis mos tydvermors. Maar elke halfuur of so, ‘n paar minute wanneer jy weer tyd het. Die opmerksame bespieder sal gou sien of ‘n vliegtuig uitlaatgas uit elke enjin spuit, wat eers ‘n vliegtuiglengte ágter die vliegtuig tot stand kom en na gegewe tyd verdwyn. En of daar slegs één straal uitkom, wat direk aan die vliegtuig se romp ontstaan waarby miskien niks uit die enjins se uitlaatpype kom nie; dit gebeur as die lug te droog is.
Ek wou net sê dat daardie winter as die droogste sedert ek-weet-nie-hoeveel-dekades-nie aangesien is. Alle drinkwaterdamme vir die hele gebied was onder 20% vol, die meeste om en by 10% en eniges selfs onder 5%. En daar staan die kaapse somer voor die deur.
[Hierdie inligting is so aktueel soos toe, soos ek dit sien. In die TV is die Teewaterkloofdam leeg afgebeeld: Dorre sand. Google: Chemtrails, Altnickel (Voornaam Werner, meen ek) seker is Engelse tekste daarby.
Wat iemand daarmee kan maak weet ek nie. Aan watter minister kan mens wend? Sal dit help?]
©2e.Februarie2018_______…ooOoo…_______________(.2015.)tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.