Jongste aktiwiteit:

vryheidswaan (Goud)

stap ek en jongboet

in die natlek-terugtrek

van die see se

brekende branders

 

dáár waar die grotes

rotse wil klief

hul woede mistig uitspoeg

in fyn misreën

 

vra jongboet… is branders nuut?

sê ek… ek is nie seker nie

vra jongboet… en is hulle vry?

sê ek… sekerlik nie

 

dalk is die groot vertoon maar vryheidswaan

wat diepsee blou en stilweg taan

  • vryheidswaan – in die waan dat daar vryheid is
  • jongboet – die teenoorgestelde van ouboet



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed