Jannie wil nie sing nie.
Februarie Maand Kortverhaal- Brons afdeling
Jannie wil nie sing nie – Johan j van Rensburg
Woorde: 1195
Opgewonde oefen die kinderkoor vandag weer in die groot kerk van die NG Kerk Elspark in die Oos Rand. Die orreliste en koorleier Tannie Christa is wel bekend om die beste uit haar kinderkoor te kry.
Die 9 tot 13 jarige kinders staan in rye agter die orrel , hulle sing en konsentreer na die vinger bevele van Tannie Christa. Tog weet die kinders dat van hulle uit eie beweging met opgewondenheid daar staan en sing of dit uit dwang of dreigemente van ouers was om deel van die kinderkoor te wees.
Hard aan die werk vir die groot dag, nie lank meer voor die jaarlikse koorkompetisie te Elsburg Stadsaal . Komende Sondag na kerk kom al die distrik se kerkkore bymekaar vir die kompetise in die stadsaal met volwasse en kinderkore. Baie belangrike datum op die kerk se jaar kalender.
Jannie de Waal voel saam sy vriende gedwing om deel te neem aan die kinderkoor , eerder bal skop, roomys eet in die parkie of meisies te terg of poetse te bak. Meisies is tans vir hom en sy vriende die nommer een furstrasie , elke giggel of aanmerking dryf Jannie en sy vriende tot meer planne .
Sy vriende Pieter Gielie Geldenhuys, Johan Langhans van Rensburg, en Smithy ( Dean Smith) is saam deel van hul viermanskap en is in die dorp , skool ,gemeenskap vol bekend vir hul streke, planne en poetse.
Die kinders oefen in die kerk terwyl Tannie Christa die 4 jong seuns dop hou. Sy weet van hulle streke, planne en daarom het sy hulle so tussen die meisies geplaas, want sodra die 4 seuns nie sing nie sal die meisies en veral die skinderbekkies dit onder haar aandag bring.
Dis Sondag, die groot dag het aangebreek en buite die Elsburg Stadsaal staan die voertuie tot by die hoofpad. Geen parkering meer naby die stadsaal. Binne sit opgewonde ouers en vriende as toeskouers en ondersteuners op sitplekke naby mekaar want die stadsaal is ook al vol. Al die kore van die distrik se kerke tree aan agter die stadsaal by die ingang van die agter deur om sodoende toegang tot die saal te kry vir optrede.
Atmosfeer loop hoog tussen die kore ,spanning word duidelik gewaar by die koorlede want elkeen voel dat hulle die wenner is want harde oefening met goeie koorleiers.
Die meisies kan nie verstaan waarom Jannie en sy vriende ook so opgewonde is vir die optrede en koorsang nie. Nee, die vier seuns veel gepla dat dwang,en gedreig om deelteneem amper verby is. Hulle het die gedwonge en verveelige tydsverloop vervang met planne tot pret, plesier en lag. Ja, hier kom moeilikheid maar die planne word soos staatsgeheime stil gehou..niemand waag om te praat nie.
Stampvol saal met opgewonde toeskouers ,ondersteuners saam beoordelaars ,leraars en ouderlinge van gemeentes. Elspark NG Kerk se predikant Ds Jan Botha geklee in sy swart en wit kerkpak soos baie van die ouderlinge staan nog en groet bekendes en onbekendes .
Ds Jan gaan sit vinnig en klap hande saam almal in saal toe die Elspark kinderkoor op die verhoog vanaf agter inloop, hul eerste optrede van drie optredes vir die dag. Ds Jan praat met almal hard rondom hom sodat almal weet dat dit sy gemeente kinders is wat nou gaan sing en bou saam aan die ondersteuningsspan.
Tannie Christa kyk haar kinderkoor almal in die oe”, sy maak gereed vir die eerste lied wat hul gaan sing..”Van waar sal my hulp kom”. Sy mis egter die oe” van Smithy want hy is nog bukkend besig met iets.
Smithy..Smithy wat maak jy .. fluister die meisies naby hom om sy aandag te kry dat hul kan begin sing. Rianey staan regom vir Smithy n” opstopper in die heupe te gee. Betyds spring Smithy regop en glimlag breed, hy wys met die duim vir Tannie Christa dat hy reg is om te sing. Niemand het tyd om te vra wat was die probleem nie.
Die kinderkoor sing pragtig, tevrede speel tannie Christa die klavier in die stadsaal en toeskouers stil luister saamdie beoordelaars na die puik musiek wat gesing word. Sy hou elkeen dop en veral die viermanskap in haar spieel wat gemonteer is op die klavier.
Sy sien Jannie sing nie regtig nie, maak of hy sing maar nie nou tyd om kwaad te raak want dit gaan goed en kan na die lied uitvind wat is fout. Jannie wil nie sing nie, hy wil uitbars van die lag en probeer keer om nie te lag. Langhans en Pieter Gielie kan ook nie meer sing nie en hul lag is baie naby.
Die brulpadda wat nog saterdag aand rustig in Langhans se tuin was , die is nou besig om al hoe nader aan Magdaleen Malan toe te beweeg. Smithy het hom bukkend vrygelaat uit sy baadjie sak en nou loop en spring die brulpadda na vryheid.
Sy vryheid word gestop deur n” linkerbeen van Magdaleen wat soos res van die kinderkoor onwettend nog pragtig sing uit hul harte uit op die verhoog. Die kinderkoor kom by die vers “ Van waar sal my hulp kom” en skielik vries Magdaleen, stem is stil. Sy kyk rond en toe reguit vir Jannie wat nie wil sing nie.
Magdaleen Voel op haar linkerbeen, al bo die knieg want die brulpadda het gevorder boontoe waar die hulp moet vandaan kom .
Sy voel wat ookal die gedierte is, dis glibberig en druk dit saggies om seker te maak want dit kan wees wat op haar linkerbeen nou onder haar kerk rompie is. Dankie tog dis net toe die einde van die lied en Magdaleen wil ontspan en die stadsaal raak stil dat hul saam die koor kan toe juig vir die optrede… maar hard en duidelik in alles in hom brul die brulpadda.Die geluid deurdring die saal en veroorsaak paniekkerige kinders wat van die verhoog hardloop, laggende ouderlinge wat terug verlang aan die dae van poetse bak.
Baie ouers en kleiner boeties en sussies hardloop saam almal uit verskillende uitgange van die saal na buite. Madeleen heeltemal gedramatiseer word deur haar pa opgetel en na buite gedra. Die saal raak stil en leeg , met net 4 seuns wat agter gebly het. Natuurlik die viermanskap. Jannie en sy vriende gesels oor die hoogtepunte en paar laagtepunte van die kinderkoor optrede veral dat die hele jaarlikse optrede toe gekanseller word na die gebeurtenis en ontruiming na die voorval.
Nagevolge is daar altyd na so hoogtepunt van plesier vir die viermanskap met Jannie as leier. Die 4 seuns moes dieselfde aand nog in die NG Kerk Elspark se saal verskyn saam hul ouers om hul saak te stel en verduidelik. Natuurlik weet almal dit was die werke van die vier seuns. Pieter Gielie, Langhans van Rensburg en Smithy gee die skuld aan die beplanner van die konsternasie te Stadsaal.
Eintlik is dit so beplan deur die vier, want toe Jannie saam sy Pa opstaan om te verduidelik het Jannie rondgekyk en geantwoord op Ds Jan se vraag, nou waarom seun het jy die plan bedink en uitgevoer? Jannie raak stil, kyk na sy 3 vriende en antwoord hard.. Jannie wil nie sing nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek