waarlik vry (SILWER)
waarlik vry
met haar glimlaggende gelaat: stralend
hou sy die Himalaja-blou papawer vas
strelend, sag speel sy die ou-ou speletjie
“hy’s lief vir my, hy’s nie lief vir my …”
sy trek die blaartjies af, tuimel grondwaarts
eerste een is vir liefde, dan volg vreugde,
vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,
getrouheid, nederigheid en selfbeheersing
as al die blare in lae afwaartswarrel en gly
staan sy enkel alleen met net die kern
in hunkerklem vasgedruk teen haar hart
sy is vry – vry om die lewe aan te gryp
al verloor ons alles in die lewe, is ons net
by die ware ‘Kern’ van lewe waarlik vry
©Marlene Erasmus
28/02/2023
Neologismes:
afwaartswarrel: na benede val in draai-beweging
hunkerklem: met hunkering vasklem
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek