Jongste aktiwiteit:

Vooruitsigte van ʼn mooier môre.

Vooruitsigte van ʼn mooier môre.

As ek aan my gunsteling Afrikaanse liedjie dink, kom Sproetjies, gesing deur: Sias Reinecke dadelik in my gedagtes op. Die fluweelsagte stem van Sias as hy gevoelvol sing oor die dogtertjie met die sproetjies, roer nou nog aan my hartsnare.
Onlangs sit ek luister ek weer mooi sorgvuldig na die lirieke van hierdie ou liedjie.

Sproetjies

Daar’s ‘n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai.
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar.
En eendag sien ek ‘n klein dogtertjie, eenkant alleen.
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen.
En ek sê:
“Sproetjies, liefling daar’s ‘n reënboog in jou oë.
Wil jy graag ‘n groot geheim hoor, almal wil graag soos jy wees.
Want jy’s pragtig , lieflik” , en sy druk saggies my hand.
En sê: “Ek wens ek kon my deur jou oë sien.”

Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby.
En die glimlag van jonk wees verberg soms ‘n ou hartseer pyn.
En eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verdwaas.
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.
En ek sê:
“Sproetjies, jy’s pragtig”.
En sy druk saggies my hand.
En sê: “Ek wens ek kon my deur jou oë sien.”

Ek gaan by die skouburg een aand na ‘n opvoering kyk.
En daar dans ‘n meisie wat net soos ‘n feë prinses lyk.
Met ‘n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor.
Ek sien toe dis Sproetjies wat harte so bekoor.
En ek sê:
“Sproetjies, liefling , daar’s ‘n reënboog in jou oë.
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë.
Sproetjies, jy’s pragtig.” En ek hou haar teen my vas.
Sy sê: “Ek wens ek kon my deur jou oë sien.”

As jong, langbeen meisiekind het ek my verbeel ek is hierdie dogtertjie in die liedjie. Ons het grootgeword op die platteland waar ons vrylik in die parkie kon baljaar. Die probleem was dat ek ʼn baie skaam dogtertjie was met ‘te groot’ wit tande en sproetjies oor my neus en selfs op my arms.

Ek kon vir ure lank eenkant lê onder die koeltebome en droom van die dag wat hierdie lelike eendjie sou verander in die mooiste swaan met ʼn glimlag stralend wat almal sou bekoor. In my dogtertjie-drome was ek die mooi, vriendelik feeprinses met die mooiste rok wat vol selfvertroue met almal sou lag en gesels.

Dikwels het my ma se stem my teruggeruk uit hierdie idilliese droomwêreld met die woorde: “Lien, kom nou, vir wat lê en staar jy glimlaggend daar onder die boom?”

Hierdie lied het vir my groot waarde aangesien dit vir my hoop gegee het op die dag wanneer mense nie meer die sproetjies sou raaksien wat my lewe so versuur het nie.

Lank lewe “Sproetjies!”

©Marlene Erasmus
28/02/2023

(481 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed