Verwronge liefde
Sy vuiste vreet soos wolwe
wat dink hulle is vry
vry soos dweepsiek golwe
aangehits deur springgety.
Soos beendiep kneuse agterbly
as twis strydlustig eskaleer
en rou repe deur ‘n wese skeur
wat geen aanslag durf bestry
oorskadu deur die die duisternis
taan ‘n beangste siel versweë
innig gekrenk en dom verskree;
selde meer van menswees bewus
as hond se gewete eers spytspraak braak
word die saak doodblou vergete gelaat.
Neologismes:
Spytspraak
Doodblou – morsdood
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek