Jongste aktiwiteit:

Dansers

ongeag status
stotter ons elke oggend
oor dieselfde eentonige teer
werk, salaris, koop herhaal,
dis ń tone-trap wals

stop die gewals
hardloop weg veld in
base, vrou en kinders sal verstaan
trapmeul vryheid word so verkry,
dis jou eie vrydans*

oggend reuke
die spek en eier op vars brood
vereis, eiers breek, varke slag, koring maal
die dade is egter dodelik belangrik,
dis ń briekdans**

so wals ons
tussen vry en briekdans
hoogtrap, ligtrap, vastrap
in ń nimmereindigende rondomtalie
dis ń eierdans

*Vrydans is ń 20st eeu dansvorm wat moderne dans vooruitgeloop het as rebellie teen die streng vorme van klassieke ballet

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Free_dance

** briek·dans s.nw. [briekdanse] (uit Engels, skertsend)
polsende akrobatiese danssoort met baie spronge en rolbewegings op die grond wat sy oorsprong in die VSA het

Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed